Not seeing a Scroll to Top Button? Go to our FAQ page for more info.
Geskiedenis


Imnandi-bakkery het in 1990 afgeskop net buite die dorp Kirkwood in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Intussen het dit ontwikkel tot ‘n groot moderne bakkery wat hoofsaaklik beskuit bak. Christa Smith is die stigter en mede-eienaar saam met haar seun, Gerhard. Christa het in 2010 tweede gekom in die landwye entrepreneurskompetisie vir vroue wat aangebied is deur Sanlam en die Landbouweekblad.

Gerhard het voltyds betrokke geraak by Imnandi Bakkery in 2017 en dit nasionaal uitgebrei. Hy hanteer die bemarking, verspreiding en finansies van die onderneming.

Lees meer...

1990 was ‘n moeilike tyd vir Christa en haar man, Louis. Hul dogtertjie van 5 jaar oud, is oorlede en die reën het aanhoudend weggebly wat toestande bemoeilik het op die plaas.

Christa het besef dat sy iets moes doen om nie net haar gedagtes positief besig te hou nie, maar ook om ‘n flinansiële bydrae te maak om deur die droogte te kom. As boervrou staan haar hande vir niks verkeerd nie, van kleremaak tot kosmaak. Sy het begin om truie te brei en koekies en beskuit te bak. Die truie is by die plaaslike koöperasie verkoop en die eerste baksel anysbeskuit is kort daarna in die dorp verkoop. Troukoeke, fyngebak en skilferkorsterte het gou gevolg wat voorsien is aan al die omliggende dorpe se tuisnywerhede. Die aanvraag in beide bedrywe het so toegeneem dat sy `n keuse moes maak. Dis toe haar 9-jarige seun, waar hy op die kombuistafel gesit het, spontaan uitroep, "ma moet koekies bak!" het sy geweet - bak is haar voorland!

Sy het skielik besef haar poging om die huishoudelike inkomste aan te vul het vlerke gekry en dat sy nou ‘n boervrou én ‘n sakevrou is. Louis het 'n ekstra vyf gewone oonde geinstalleer en die kraglyn opgegradeer. Dit was nie lank nie, of hy het ‘n nuwe ruim kombuis gebou en industriële oonde geïnstalleer. Sedertdien het Christa nie teruggekyk nie en soos haar kinders groot geword het en na-skools verder gestudeer het, was die bakkery se inkomste ook altyd daar vir sakgeld en met die uithelp van studieskulde. Met haar man wat haar bygestaan het met raad en daad, het sy die groter finansiële wêreld betree en beskuit begin voorsien aan kettingwinkels.

Christa en Louis woon steeds op Soetkloof waar Imnandi-bakkery vandag ‘n vertroude handelsnaam is. Die sukses van die bakkery kan toegeskryf word aan Christa se toegewydheid en liefde daarvoor. Dit het uit nood begin, maar met die hulp en genade van Bo, haar man, kinders en werksmense wat haar liefde deel, gegroei tot waar dit vandag stewig staan.

Produkte

`n Resep uit een van skoonma se beproefde resepteboekies was die begin.

Dit is verdubbel, hier iets verminder en daar iets meer gemaak, en na vele probeerslae en geproe het Imnandi se eie resep goedkeuring ontvang van gelukkige kopers. Huidig word daar ses soorte beskuit gebak.

BRAN RUSKS
(semelbeskuit)

Gewig: 500g
Strepieskode: 6009800672046
Bestandele: koekmeel (gluten), melk, suiker, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), koringsemels (gluten), eier, rysmiddels, sout.

Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, semels & eier.

BRAN MUESLI RUSKS
(semelmuesli-beskuit)

Gewig: 500g
Strepieskode: 6009800672053
Bestandele: Koekmeel (Gluten), melk, suiker, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), koringsemels (gluten), rosyntjies, sonneblomsaad, eier, rysmiddels, sout.
Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, semels & eier.

SUGAR-FREE BRAN RUSKS
(suikervrye semelbeskuit)

Gewig: 450g
Strepieskode: 6009800672060
Bestandele: koekmeel (gluten), melk, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [Natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), koringsemels (gluten), eier, rysmiddels, sout.

Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, semels & eier.

BUTTERMILK RUSKS
(karringmelkbeskuit)

Gewig: 500g
Strepieskode: 6009800672015
Bestandele: koekmeel (gluten), melk, suiker, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), karringmelk,eier, rysmiddels, sout.

Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, & eier.

BUTTERMILK MUESLI RUSKS
(karringmelkmuesli-beskuit)

Gewig: 500g
Strepieskode: 6009800672022
Bestandele: koekmeel (gluten), melk, suiker, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), rosyntjies, sonneblomsaad, karringmelk, eier, rysmiddels, sout.
Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, & eier.

SUGAR-FREE BUTTERMILK RUSKS
(suikervrye karringmelkbeskuit)

Gewig: 400g
Strepieskode: 6009800672039
Bestandele: koekmeel (gluten), melk, margarien (plantvette en -olies [palmvrug, palmsaad], sout, melkvastestowwe [weipoeier], emulsifiseerder [soja lesitien], preserveermiddel [natriumbensoaat (E211)], geursel, kleurstowwe [E160, E100]), karringmelk, eier, rysmiddels, sout.

Allergene: Bevat koring, gluten, koeimelk, soja, & eier.
Afsetpunte

Let wel, slegs sommige beskuitsoorte mag beskikbaar wees by van die afsetpunte.